GRACE GROUPS
WEEKEND WARRIORS
Alkohol Recovery Groep
Woensdae om 18h00 tot 19h00
R150.00 per persoon.
Die boek is geskryf deur Allen Carr, wat al 16 miljoen boeke verkoop het. Sy bekendste boek is "The Easy Way To Stop Smoking." Is een of meer van hierdie drie redes waarom jy nie alkohol wil/kan los nie: - Dit is ontspanned/verlig stres - Dit waarborg pret en 'n lekker tyd/dit is sosiaal (Hoe gaan ek saam my vriende kuier sonder n drankie!?) - Dit gaan moeilik wees om op te hou/dit gaan haglik wees/dit sal baie wilskrag vat, net om dalk net weer te faal in die poging. Elkeen van hierdie drie redes word tydens die deurwerk van die boek gedesekteer en ontmasker. Jy besef dat jou gedrag gekondisioneer is deur jare se breinspoel om aan sosiale norme te konformeer. Soos die rookskerm van al die jare verdwyn, verdwyn die drang na alkohol ook in 'n oogwink. Jy sien alkohol vir die ontsmettings chemikalieë vir wat dit werklik is. Al dink jy dis 'n foefie en het jy al als probeer, sluit gerus steeds aan. Dit is net 23 dae wat die res van jou lewe en jou naastes se lewens gaan verander en verbeter. Dis vir enige persoon wat alkohol in geheel en al wil los. Dis ook vir die persoon wat een glas wyn elke derde dag drink tot die persoon wat elke aand 'n bottel wyn drink. Kom geniet die reis saam. Daar is niks om voor bang te wees nie. Die groep gaan daar wees na jou laaste drankie en jy gaan nie alleen wees nie. Druk asb op die skakel sou jy jou plek wil bespreek. Ons het net 30 boeke bestel. Daar is dus dan net plek vir 30 mense. Die boek is interaktief en jy vul hom self in, so as julle man en vrou wil kom moet jul elkeen apart inskryf en jou plek bespreek. Die grootste klugspul na Nkandla is 'n nuwejaarsvoorneme. Daar gaan altyd nóg 'n funksie, nóg 'n verjaarsdag nóg 'n geleentheid wees. Slaan die yster terwyl dit warm is. Die eerste dag (20 Nov) kry jy die boek wat behandel word, 'n notaboek en 'n potlood.
Kyk die videos vir meer inligting.
Vir Vrouens
Vir Almal
BELIEVE GROEP
Gender Based Violence en Mental Awareness Groep
Gender Based Violence en Mental Awareness Groep
Vul die vorm in as jy belangstel.
Kyk die video vir meer inligting.